Monday, May 11, 2009




Sover het Sondela ongelooflik baie vir my gebied en beteken. Dis baie harde werk, lang ure en moeilike gaste, maar dis lekker en ek leer al die pad. Die week wat verby is, is ek terug na die kombuis om koekies te bak. Vrydag 8 Mei was ons ouerdag gewees en ons is gevra om koekies en piesang brood te maak wat saam met die koffie en tee bedien kan word. So 2 dae, 425 koekies en 8 piesang brode later het ons eers weer gerus, geglimlag en lekker geeet.

Ek het nou die Chef gedeelte van my kursus klaar gemaak, dit het baie goed gegaan met my prakties, het noggal gestress. Maar nou ja, na dit het ek weer n ruk in die kombuis gewerk en by F&B, in die restoerant en guest house en het ook begin help met wine deliveries.
Vandag het ons nou begin met n nuwe afdeling, reception! Sien noggal baie uit daarna. Dit is wat so lekker is van my kursus, ek doen elke dag iets nuuts, dis great en verseker nie vervelig nie.

No comments:

Post a Comment